Inflasievoorspelling vir Namibië vir 2022 is 6,1% 

Simonis Storm in Windhoek het hul inflasievoorspelling vir Namibië vir 2022 aangepas vanaf 4,7 persent tot 6,1 persent. Hulle glo hierdie voorspelling is aan die konserwatiewe kant aangesien brent-ruolie ingereken is op 140 Amerikaanse dollar en ‘n gemiddelde rand-wisselkoers van 15,30 teenoor die Amerikaanse dollar. As enige van hierdie aanwysers meer versleg as na verwagting as gevolg van ‘n langdurige oorlog in die Oekraïne, sal inflasie waarskynlik in 2022 tot sowat 10,4 persent styg.