VN sê Afghaanse banke gaan ineenstort

Die Verenigde Nasies sê dringende ondersteuning is nodig om te verhoed dat bankwese in sy geheel in Afghanistan ineenstort. Volgens die VN het die hoeveelheid mense wat nie lenings terug kan betaal nie skerp toegeneem, en baie minder kontent deposito’s vind by banke plaas. Daar is groot kommer oor die banke se likiditeit. Amper al die hoof leningsagentskappe soos die Wêreldbank en die INF het ondersteuning onttrek en meer as 9 miljard Amerikaanse dollar van die land se sentrale bank is in die VSA gevries.