Risiko vir fiskale krisis neem in SA af

Business Leadership South Africa sê die vooruitsig van ‘n ernstige fiskale krisis in die land het wel afgeneem, maar so ‘n soort risiko bly selfversterkend. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Busi Mavuso, sê die mini-begroting twee weke gelede het verdere bewyse getoon skuld word onder beheer gebring en die Tesourie hou ‘n stewige hand op besteding. Muvuso sê ekonomiese groei is die enigste volhoubare oplossing vir die armoede waarmee baie mense in die land worstel. Sy voeg by dit vereis sakeondernemings moet vol vertroue wees dat die fiskale posisie nie in gevaar is nie.