ANC wil aandeelhouding vir swart landsburgers hê

President Cyril Ramaphosa sê die regering volg beleide wat swart Suid-Afrikaners tot deelname aan die ekonomie sal lei. Hy het die Worker Share Ownership Conference toegespreek wat deur die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging by die Sandton-konvensiesentrum aangebied is. Hy glo werkers-aandeel-eienaarskap sal van kritieke belang wees om te verseker niemand bly agter nie. Ramaphosa het die projek verwelkom as ‘n belangrike stap om ongelykheid aan te spreek en insluiting te verbeter: