Vlugtelinge in Namibië kry nou Afrika-gaste ID’s

Die Namibiese immigrasieministerie het aangekondig dat nuwe identiteitsdokumente vir vlugtelinge uitgereik gaan word wat die Afrika-gas ID-kaart genoem sal word. Volgens ‘n verklaring van die ministerie is dit in die gees van Pan-Afrikanisme, want Namibië ag diegene wat asiel soek as gaste. Die ministerie wil dit ook duidelik maak dat kaarte slegs aan erkende vlugtelinge uitgereik sal word en nie aan elke persoon wat vlugtelingstatus of asiel soek nie. Die ministerie sal nou saam met die Verenigde Nasies se kommissaris vir vlugtelinge volgens internasionale wette werk.