Letshego se personeel moet voor einde Januarie ingeënt wees

Letshego het op 21 Desember 2021 hul personeel in kennis gesteel dat hulle voor 31 Januarie ten volle ingeënt moet wees. Personeellede wat nie op dié datum ingeënt is nie, sal nie op Letshego-persele toegelaat word nie. Dit is volgens Letshego se pandemiebestuursbeleid om die welstand en veiligheid van hul personeel, kliënte en aandeelhouers te beskerm.