Vloede vir Zambezi en Kavango voorspel

Die Namibiese Hidrologiese Dienste in die landbouministerie het gemaan teen hoë tropiese vog oor die streke van Zambezi en Kavango. Swaar reënval word vir dié streke voorspel wat kan lei tot vloede. Swaar reën kan na die Ohangwena-streek oor die naweek uitbrei. Die res van die land kan geïsoleerde donderstorms oor die naweek verwag, behalwe die verre Weste.