SA polisieminster prys vroulike polisielede

Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, het vroulike polisielede geprys vir hul prestasies in die mag en vir hul integriteit en uitnemendheid. Cele sê vroulike bemagtiging in die SAPD moet erkenning ontvang. Die minister het ook hulde gebring aan alle lede van die SAPD vir die opofferings wat gemaak is om veiligheid en sekerheid in die feestyd te verseker. Hy het vandag gepraat by die herdenking van die jaarlikse Nasionale Polisiedag by die SAPD Akademie in Tshwane.