Stad Tshwane skuld Eskom R635 miljoen

Eskom in Gauteng sê Stad Tshwane se algehele skuld staan op 635 miljoen rand en die stad se betalingspatrone is reeds die afgelope ses maande onreëlmatig. Eskom het dié week met burgemeester Randall Williams vergader as deel van die kragreus se pogings om skuld te verhaal. Eskom se woordvoerder, Amanda Qithi, sê die bedrag dra negatief by tot Eskom se toenemende agterstallige skuld wat meer as 43,8 miljard rand beloop.