Vleisraad: Dateer kuddelyste op Namlits op

Die Vleisraad het veeprodusente versoek om hul kuddelyste op die aanlyn Namlits-stelsel op te dateer. Die direksie sê beeste wat nie meer bestaan nie, verskyn steeds op sommige plase se kuddelyste. Produsente wat nie aanlyn toegang tot Namlits het nie, word versoek om hul jongste kontakbesonderhede, opgedateerde kuddelys en bygewerkte kuddenommers, asook veebrandmerke wat per plaas aktief is, so gou moontlik by hul naaste staatsveearts-kantoor in te dien. Die bedoeling is om die data oor Namlits op datum te bring om die bruikbaarheid van die stelsel te verbeter.