Noorde-streke is kwesbaar vir siekte-uitbrekings

Siekte-uitbreking is een van die grootste gesondheidsuitdagings wêreldwyd, en bly ‘n groot bedreiging vir die mensdom. Namibië en Angola het vandeesweek ‘n oorgrens-vergadering oor die kwessie op Ondangwa gehou. Oshana-goewerneur Elia Irimari sê die twee lande, soos enige ander nasies van die wêreld, is kwesbaar vir siekte-uitbrekings omdat siektes nie tot grense beperk is nie. Hy sê dat siektes maklik oor geografiese grense oorgedra kan word deur die bewegings van mense, diere en goedere. Erginus Endjala, goewerneur van Omusati-streek deel met Kosmos 94.1 Nuus ‘n paar van die uitdagings wat hulle ervaar.