Byna twee-derdes van SA munisipaliteite het nie goeie drinkwater

’n Verslag van Ground Up toon byna twee-derdes van munisipaliteite in Suid-Afrika kan nie water aan sy inwoners verskaf wat aan die minimum standaarde vir drinkwater voldoen nie. Die verslag sê ook hierdie munisipaliteite versuim om die water wat hulle verskaf te toets. Die woordvoerder van die departement van water en sanitasie, Sputnik Ratau, sê die departement verwag van munisipaliteite om aanspreeklik te wees.