Visserye, Finansies sit stokvis-tender uit

Die visserye-ministerie en die finans-ministerie adverteer gesamentlik ‘n tender vir die vang van 5 000 ton stokvis. Die ministerië verwys na die Mariene Hulpbronne Wet van 2000, wat voorsiening maak vir die staat om mariene hulpbronne te gebruik of te oes om enige sosio-ekonomiese, kulturele of ander doelwitte van die regering te bevorder. Die sluitingstyd is 10-uur die oggend op 8 Desember. Belangstellendes kan die details van die tender in die Veiling Prospektus op die afsonderlike ministerië se webblaaie kry.