Polisie by hospitale, klinieke in SA ontplooi July 6, 2025

Polisie en amptenare van binnelandse sake is by gesondheidsfasiliteite in Suid-Afrika ontplooi waar betogers weier dat buitelanders, veral onwettige immigrante, toegang tot dié geriewe het. Beeldmateriaal op sosiale media versprei wyd van verskeie voorvalle waar betogers, gefrustreerd deur swak gesondeheidsdienste, toegang tot fasiliteite versper en keer dat immigrante behandel word. ‘n Regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, het gesê die polisie sal geen inttimidasie en viktimisering duld nie.