Namibië spog met tien medaljes by jeugspele July 6, 2025

Namibië het tot dusver tien medaljes by die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele in Windhoek en Swakopmund verower – vier silwer en ses brons. Teen Saterdagmiddag het Suid-Afrika die meeste medaljes ingepalm. Dié land het nege goue medaljes, nege silwer en ses brons medaljes gewen. Botswana lê in die tweede plek met 12 medaljes en Zimbabwe derde met elf.