Vloede in Texas eis minstens 50 lewensJuly 6, 2025
Minstens 50 mense, insluitende 15 kinders, is dood in kitsvloede in Texas, en die oorstromings is as ‘n federale ramp in die staat verklaar. Grootskaalse skade aan paaie en brûe is aangerig en wydverspreide kragonderbrekings het voorgekom. Intussen soek reddingspanne onverpoos na nóg 27 mense wat by ‘n somerkamp vir meisies vermis word. Die goewerneur van Texas, Greg Abbott, sê hulle sal nie rus voordat almal gevind is nie: