Visserman van Hangana Fishing op see vermis

Inspekteur Ileni Shapumba van die Namibiese polisie in die Erongo-streek het bevestig ‘n visserman van Hangana Fishing het op see vermis geraak.  Die O&L Groep se woordvoerder, Roux-Che Locke, het bevestig die 35-jarige Jonas Heita is sedert Maandag van die Begonia-vaartuig vermis. ‘n Lugsoektog en reddingsoperasie is van stapel gestuur. Locke sê ‘n volledige ondersoek word gedoen.