Ses verdagtes in hof oor mensehandel van 45 Ethiopiërs

Ses mense verskyn vandag in die landdroshof in Springs in Gauteng ná hul inhegtenisname in verband met die ontdekking van 45 ongedokumenteerde Ethiopiese burgers in ‘n huis in die gebied. Daar is ook haelgewere gevind met ammunisie wat deur die polisie uitgereik is. Die groep staan tereg op aanklagte van onder meer mensehandel, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, omkopery en regsverydeling. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê een van die verdagtes het tydens die polisie se soektog probeer om hulle met meer as 300 000 rand om te koop.