Black Sash sê R350 vir maatskaplike toelaag is onwaardig

Die burgerlike geregtigheidsgroep Black Sash sê hoewel die bedrag van die maatskaplike hulpverlenings-toelaag van 350 rand onwaardig is en dit inherente gebreke het, is dit ‘n onafgehandelde projek. Die organisasie verwelkom President Cyril Ramaphosa se aankondiging in sy staatsrede dat dit tot Maart volgende jaar verleng word. Woordvoerder Esley Philander sê dit is ‘n roete na ‘n permanente basiese inkomste-ondersteuningsprogram vir werkloses, en uiteindelik ‘n universele basiese inkomste.