Wasserfall: DNS-uitslae is voltooi

Die hoof van Nampol se forensiese eenheid kommissaris Nelius Becker het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die DNS-toetse in die Shannon Wasserfall moordsaak ‘n geruime tyd terug voltooi is en oorhandig is aan die amptenare van die Walvisbaai-landdroshof. Dit kom na landdros Vicky Nicolaidis in Maart vanjaar die saak vir die laaste keer uitgestel het. Kommissaris Becker het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Daar word verwag dat die saak vandag momentum sal kry.