Vettie-stropers is vas in Noord-Kaap

Vetplant-stropery is ‘n groot uitdaging in veral die Noord-Kaap in die buurland maar, owerhede het twee verdagtes van 29- en 30-jaar oud in hegtenis geneem in verband met die besit van beskermde plante in die Richtersveld in die Noord-Kaap. ‘n Polisiewoordvoerder, Mashay Gamieldien, sê inwoners het hulle ingelig omtrent onwettige vetplant-stropery in die Steinkopf-gebied. ‘n Klopjag is op die betrokke perseel uitgevoer. Gamieldien sê die Namakwa Misdaad-intelligensie- en die Springbok Veediefstal-eenheid, asook die Richtersveld Nasionale Park was deel van die operasie: