ANC het blykbaar raad oor Covid geïgnoreer

Die ANC-regering het na bewering kenners wat aangestel is om voorligting oor die bestuur van die Covid-19 pandemie te gee, se raad geïgnoreer. Volgens media in die buurland, het ‘n tegniese werkgroep wat die ministeriële adviesraad ondersteun, die regering ses weke gelede gewaarsku teen die plan om bepalings van die Wet op Rampbestuur met bepalings van die Wet op Nasionale Gesondheid te vervang, omdat dit regsoptrede kan meebring. Volgens die medevoorsitter van die ministeriële adviesraad, Koleka Mlisana, is getuienis gegrond op wetenskaplike navorsing voorgelê, maar die regering kon nie gedwing word om dit te volg nie.