BRICS-bank staak transaksies met Rusland

Die Nuwe Ontwikkelingsbank wat deur BRICS-lande gestig is om die invloed van wat hulle beskou as Westers-gedomineerde finansiële instellings te verminder, het opgehou om sake met Rusland te doen. Die BRICS-lande is Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. Die bank het die stap aangekondig in ‘n verklaring wat geen melding gemaak het van sanksies, of die inval in die Oekraïne nie , en sê eenvoudig – In die lig van ontvouende onsekerhede en beperkings, het NDB nuwe transaksies in Rusland opgehou. Die sin was ook tussen ‘n generiese verklaring oor die toepassing van gesonde bankbeginsels geplaas. Suid-Afrika het tot dusver 25,5 Suid-Afrikaanse miljard aan die bank oorbetaal.