Vervoerminister gee ja-woord vir opgradering van Mpacha-lughawe by Katima Mulilo

Die Namibiese minister van werke en vervoer John Mutorwa, het opdrag gegee om die Mpacha-lughawe by Katima Mulilo se aanloopbaan in die Zambezi-streek op te gradeer. Mutorwa sê die langverwagte opgradering sal sowat 39 miljoen Namibiese dollar kos. Mutorwa sê die geld is bykomend tot 35 miljoen dollar wat die ministerie bestee het om die outomatiese weer-waarnemingstelsel te verskaf. Hy sê die Namibiese Lughawensmaatskappy, die NAC, en sy ministerie sal hul deel doen om die lughawe op te gradeer. Dr. Leake Hangala, voorsitter van die NAC, sê aan Kosmos 94.1 Nuus lughawens dra by tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van enige land.