Oseaandag: Pres. Geingob sê Blou Ekonomie-beleid is ver gevorderd 

Namibiese President Hage Geingob het tydens die vieringe van Wêreld-Oseaandag op Walvisbaai gesê die land is op ‘n gevorderde stadium met die ontwikkeling van Namibië se Volhoubare Blou Ekonomie-beleid wat oseaan-sektore se volhoubare ontwikkeling sal versterk. Geingob is ook verheug dat al die Namibiese kusdorpe betrokke is met skoonmaakveldtogte ter viering van Wêreld-Oseaan hoofsaaklik met strandskoonmaakveldtogte. Hy sê hy hoop dat dit ‘n tradisie sal word om Namibiese strande op ‘n kwartaallikse basis skoon te maak.