Verstappen doen goed in kwalifiserende rondtes

Motorsport: Die wêreldkampioenskap-voorloper, Max Verstappen, het die vinnigste tyd in die kwalifiserende rondtes vir die Franse Grand Prix by die Paul Ricard-renbaan opgestel. Die renjaer van die Redbull-span was egter slegs ‘n fraksie van ‘n sekonde vinniger as sy twee mededingers van Mercedes. Verstappen was net-net vinniger as Valtteri Bottas, wat die eerste sessie gewen het, met Lewis Hamilton net ‘n breuk van ‘n sekonde stadiger. Hamilton, wat vier punte agter Verstappen ná ses kampioenskapsbyeenkomste is, het van balanseerprobleme met sy renmotor tydens wedrensimulasies gekla.