Verreyne slaan honderdtal teen Nieu-Zeeland

Krieket: Kyle Verreyne se eerste honderdtal vir Suid-Afrika in die tweede toets teen Nieu-Seeland word bestempel as ‘n verligting vir die Proteas ná die Quinton de Kock-era. Die paaltjiewagter het die handskoene oorgeneem na De Kock se uittrede uit toetskrieket, en het ‘n onoorwonne 136 bygedra op die voorlaaste dag van die kragmeting in Christchurch. Dit het kaptein Dean Elgar in staat gestel om op 354 vir nege te verklaar en aan die gashere ‘n teiken van 427 te stel vir hul heel eerste reeksoorwinning oor Suid-Afrika. Dit is slegs die sesde toets waarin Verreyne speel.