Kaapse gebou in Waalstraat vanaand in blou en geel getooi

Rusland se inval in Oekraïne is ‘n misdaad teen die mensdom, aldus die speaker van die Wes-Kaapse wetgewer, Masizole Mnqasela. Hy het aangekondig die Wes-Kaapse wetgewer staan in vredevolle solidariteit met die mense van Oekraïne. Om dit te wys, sal die gebou in Waalstraat, Kaapstad, vanaand verlig word met blou en geel, die nasionale kleure van die land. Hy het inwoners aangemoedig om vir vrede in Oekraïne te bid.