Skenking van R50 miljoen aan Kuba moet gekanselleer word

Sowat 60 organisasies sonder winsoogmerk het ‘n versoekskrif aan die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking oorhandig om ‘n skenking van 50 miljoen rand vir honger-verligting aan Kuba terug te trek. In die versoekskrif met nagenoeg 17 000 handtekeninge, sê hulle dis absurd om miljoene rand te skenk terwyl miljoene mense in Suid-Afrika daagliks honger ly. Hulle sê die regering, burgerlike dienste, entrepreneurs, akademici en vernuwers moet aandag gee aan die oorsaak van honger en daaraan werk om dit te beëindig.