Verpligte inentings skend regte – Naretu-vakbond

Die nuutgestigte Namibiese Revolusionêre Vervoer-unie, bekend as Naretu, se sogenaamde bevelvoerder Petersen Kambinda sê werkgewers wat hulle werknemers dwing om in te ent hulle regte skend. Kambinda het uitgevaar teenoor werkgewers wat hulle werkers met afdanking dreig indien hulle nie teen Covid ingeënt is nie. Die vakbond verteenwoordig vragmotorbestuurders en werkers in die vervoer en logistieke bedryf. Hy het sy kommer uitgespreek oor sperdatums wat aan die werkers gegee is om teen Covid in te ent. In sy mening is die opdrag teenstrydig met die land se arbeidswette en die Grondwet.