Guterres loof jeug vir klimaat-aksie

Met die klimaatskrisis wat reeds lewens en inkomste vernietig, is jongmense van kritieke belang om wêreldwye optrede voort te dryf. Dis die mening van die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres. Hy het afgevaardigdes by die Pre-COP Jeugbyeenkoms in Milaan, Italië toegespreek. Hy sê jongmense is reeds aan die voorpunt met voorstelle oor positiewe oplossings, voorspraak vir klimaatsgeregtigheid en die manier waarop hulle leiers verantwoordelik hou. Nou moet hulle net voortgaan om hul stem te verhef. Guterres sê die stand van klimaatskrisis is reeds ‘n kode rooi vir die mensdom.