Verpleërs moet by vakbonde aansluit

Die Namibiese Verpleër-vakbond se lidmaatskapwerwing in die Suide van die land het goed afgeloop en nog veldtogte word beplan. Die sekretaris-generaal van die vakbond Junias Shilunga sê dit is belangrik vir werkers in enige bedryf om deel te wees van ‘n vakbond.