Pandor woon VN-sessie by

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, gaan van vandag tot Woensdag deelneem aan die belangrike afdeling van die 49ste sitting van die Verenigde Nasies se Menseregteraad in Genève, Switserland. Die raad bestaan uit 47 lidlande van die Verenigde Nasies. Die departement se woordvoerder, Lunga Ngqengelele, sê Pandor sal Suid-Afrika se verklarings vanmiddag lewer waar sy die geleentheid sal gebruik om die land se veldtog om vir die 2023-2025-tydperk lid van die raad te bly, bekend sal stel: