Vermeende plantsmokkelaars vasgetrek

‘n Vermeende sleutel-plantsmokkelaar, Diana Mashiku van Tanzanië, en haar drie Namibiese medebeskuldigdes sal op 21 Desember in die Opuwo landdroshof verskyn vir ‘n borgtogverhoor. Hulle is in die Okondjombo /Puros gebied in die Kunene-streek gearresteer in besit van 46 Adenia pechuelii-plante, oftewel olifantsvoet, wat hulle na bewering sonder ’n permit uit die natuur geoes het. Die omgewing-ministerie sê die saak vorm deel van ‘n groeiende neiging van internasionale stroperysindikate wat inwoners gebruik om Namibië se unieke plantspesies onwettig te oes.