DA ‘veg steeds vir regte van meisies’

Die DA sê hy veg steeds vir die regte van meisies in Suid-Afrika want hulle moet toegelaat word om hulle jeugjare vry van seksuele teistering te geniet en vry te wees van die verantwoordelikhede wat met moederskap gepaard gaan. Jane Cowley van die DA sê meisies so jonk as tien was deel van 553 kinders onder 14 wat in die Oos-Kaap swanger geraak het en in die 2022/2023 boekjaar geboorte gegee het.