Djokovic gunsteling in Geneefse Ope: Ruud

Tennis: Die Geneefse Ope is die laaste kleibaanopwarmingstoernooi voor die Franse Ope Sondag begin. Die tweede gekeurde Casper Ruud van Noorweë is vandag in aksie teen die ongekeurde Oostenryker Sebastian Ofner. Die topgekeurde Novak Djokovic se aanslag begin ook vandag teen die Duitser Yannick Hanfmann. Djokovic het nog nie vanjaar ‘n toernooi gewen nie, maar Ruud sê die Serwiër is die gunsteling in Genève.