SA jaarlikse inflasie verlangsaam effe

Jaarlikse verbruikersinflasie in Suid-Afrika het verlede maand verder verstadig. Die verbruikersprysindeks het in April ‘n styging aangeteken van 5,2-persent, vanaf 5,3-persent in Maart en 5,6-persent in Februarie. Statistiek SA sê algemene voedselinflasie het ook gedaal, behalwe vir groente, vrugte en warm drankies. Inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies was meer gematig, van 5,1-persent in Maart tot 4,7-persent in April, wat ‘n vyfde agtereenvolgende maand van afname verteenwoordig. Brood- en graan-inflasie was ‘n twaalfde agtereenvolgende maand laer. Rys-inflasie het met 26,4-persent, opgeskiet, die hoogste sedert Mei 2009.