Britse premier Sunak kondig verkiesing aan

Britse eerste minister Rishi Sunak het aangekondig ‘n algemene verkiesing sal op 4 Julie gehou word. Hy het in ‘n toespraak voor Downingstraat 10 in Londen gesê hy het vroeër met die koning gepraat om die ontbinding van die parlement te versoek. Sunak sê of hy of Keir Starmer, die leier van die Arbeidersparty, sal op 5 Julie premier wees, maar hy sal veg vir elke stem. Hy sê mense moet kies wie ‘n plan het en wie bereid is om dapper aksie te neem om ’n beter toekoms vir die land en sy kinders te verseker.