Jeugdiens lewer gegradueerdes, en selfs werk

In ‘n poging om jeugwerkloosheid te bekamp, het die Nasionale Jeugdiens van Namibië onlangs verskeie werksgeleenthede geadverteer vir die jeug wat aan die Jeugdiens gegradueer het. Die poste sluit indiensneming in die Namibiese polisiemag in, sowel as verskeie geleenthede vir ambagsmanne. Die sperdatum vir aansoeke is 22 Desember. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Humphrey Mutumba, die bestuurder van burgerlike opleiding by die Jeugdiens. Mutumba gee ‘n aanduiding oor watter werksgeleenthede vir die jeug beskikbaar is.

Mutumba het ook die belangrikheid van indiensneming beklemtoon om armoede te verlig.