Vermeende moordenaars van Shannon Wasserfall se saak tot 11 Oktober uitgestel

Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu, wat beskuldig word van die moord op Shannon Wasserfall, het vlugtig in die Walvisbaai-landdroshof verskyn. Hul saak is tot 11 Oktober uitgestel om regshulpverteenwoordiging te bekom. Madisia en haar jonger broer is vroeg in November verlede jaar in hegtenis geneem. Daar word aangevoer dat hulle Wasserfall in April verlede jaar vermoor het en haar liggaam in ‘n vlak graf net buite die kusdorp begrawe het. Volgens die staat het Mulundu sy ouer suster gehelp om Wasserfall se liggaam te versteek.