Drie Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie sterftes in drie distrikte – Swakopmund, Khorixas en Onandjokwe – aangemeld, asook 146 nuwe gevalle uit 1 728 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 8,5 persent verteenwoordig. Uit die bevestigde gevalle is 57 leerders, wat 39 persent verteenwoordig, asook sewe onderwysers, een student en drie gesondheidswerkers. Daar is nou 2 762 akteiwe gevalle, waarvan 196 in hospitale is en 37 in intensiewesorgeenhede.