Vermeende bedrieërs lieg oor bande met Sisa Namandje

Twee jong mans van 19 jaar oud, is borgtog in die Windhoek-landdroshof in Katutura geweier nadat hulle in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog en vervalsing. Die Namibiese polisie sê dat Jerome Haragaob en Simon Shuuya wat die maatskappye Gure Trading besit, glo hul verbintenis met die Windhoekse regsfirma Sisa Namandje aangedui het. Deur die valse verbintenis met die regsfirma het hulle na bewering bedrog in die Khomas- en Erongo-streke gepleeg, aangesien verskeie sakelui geld betaal het om met hul maatskappy sake te doen. Die twee beskuldigdes sal na verwagting op 23 Augustus vir ‘n borgtog aansoek doen. Sisa Namandje het homself van Gure Trading gedistansieer en gevolglik ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak wat gelei het tot die arrestasie van die twee verdagtes op 8 Augustus.