Aansoek om lasbrief vir Trump se landgoed openbaar te maak

Die Amerikaanse prokureur-generaal, Merrick Garland, het ‘n aansoek in die hof gebring om die lasbrief vir oudpresident Donald Trump se Mar-a-Lago-oord openbaar te maak.

Trump het tyd tot vanmiddag om die aansoek teen te staan maar die besluit sal by die betrokke regter berus. Intussen het dit aan die lig gekom dat agente op soek was na dokumente wat met kernwapens verband hou. Die klopjag was deel van ‘n ondersoek na of Trump onwettig rekords uit die Withuis verwyder het toe hy in Januarie 2021 sy amp verlaat het, waarvan die departement van justisie glo geklassifiseer is. Hy het reeds in Januarie dokumente teruggegee.