Verligting vir SA motoriste by brandstofpomp

Anders as in Namibië is daar ‘n mate van verligting vir Suid-Afrikaanse motoriste. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in die parlement aangekondig die brandstofheffing sal vir die volgende twee maande met een rand 50 sent per liter verminder word. Dit sal die verwagte prysstyging van byna twee-rand per liter petrol en sowat drie-rand per liter diesel volgende week versag. Godongwana beklemtoon hierdie is ‘n tydelike maatreël, maar hulle werk aan ander verligtingsmaatreëls wanneer die twee maande tydperk tot ‘n einde kom.