Keniaanse hof bevind Kenyatta se poging om grondwet te verander, is onwettig

Die hooggeregshof in Kenia het beslis President Uhuru Kenyatta se poging om die grondwet te verander, is onwettig. Dit is ‘n terugslag vir hom en sy bondgenote voor ‘n belangrike verkiesing in Augustus. Die hooggeregshof het beslis teen Kenyatta se voorstel om die uitvoerende gesag uit te brei. Die hof het die moontlikheid oopgelaat vir die hervorming, wat algemeen bekend is as die Building Bridges Initiative, indien die president nie ‘n sê daarin het nie. Kenyatta het aangevoer die verandering sal politiek meer inklusief maak en help om herhaalde siklusse van verkiesingsgeweld te beëindig.