Verligting vir Kaapstad se handelaars

Die Stad Kaapstad het twee belangrike sake wat die stad se Direktoraat van Ekonomiese Groei voorgelê het, goedgekeur. Eerstens is ontwikkelingskoste van nie-regerings organisasies en ander sonder winsbejag, afgestel. Tweedens is die verligting op permitte van informele handelaars van die eerste Julie tot 31 Desember verleng. Raadslid James Vos sê dis belangrike stappe op die pad na ekonomiese verligting: