Lekker Curriebeker die naweek

Drie Curriebeker-premierafdeling-wedstryde gaan die naweek gespeel word. In die eerste wedstryd verwelkom die Bulle vanaand die Pumas op Loftus Versfeld, terwyl die Griekwas en die Vrystaat Cheetahs môre-middag in Kimberley kragte meet. Daarna sal die Leeus en Westelike Provinsie op Ellispark op die veld wees. Die Bulle is tans bo-aan die punteleer, net een punt voor die Cheetahs. Die Haaie is in die derde plek, gevolg deur die Griekwas, die Pumas, WP en die Leeus.