SA eis QR-kode vir toegang. Punt.

Na die chaos Donderdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, het die plaaslike gesondheidsministerie reisigers weer herinner dat die Suid-Afrikaanse owerhede ‘n inentingsertifikaat met ‘n QR-kode benodig. Rederye het vroeër nog die inentingskaarte aanvaar maar, die land het reeds ‘n geruime tyd gelede aangekondig dat ‘n QR-kode vereis word. Die woordvoerder van die gesondheidsministerie Walter Kamaya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.