Verkryingsbegroting vir onderwys is power, maar maatskaplike belasting vir privaatsektor word bespreek

Die Namibiese regering se begroting vir die verkryging van verbruiksgoedere is met 7,5 persent besnoei waarvan die 348,75 miljoen Namibiese dollar wat aan die verdedigingsministerie toegeken is, nege keer meer is as dit wat aan onderwys toegeken is. Onderwys se begroting is 38,8 miljoen dollar. Gesondheid het die beste gevaar met ‘n begroting van net meer as 1,5 miljard dollar. Landbou het vir sy onderskeidelike funksies 153 miljoen dollar ontvang, wat water insluit. Daar is kommer in verskeie oorde oor die klein begroting vir onderwys. Besnoeiings het oral in die begroting voorgekom maar verdediging se verkryging is met 3,35 persent gesny teenoor verlede jaar terwyl onderwys se begroting met 40,8 persent gesny is. Intussen word daar berig dat die onlangse onderwyskonferensie voorgestel het dat ‘n maatskaplike belasting op besighede gehef word om onderwys in die land te ondersteun.