Grense gesluit vir groente: Ons moet ons produsente, bedryf, beskerm

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê AgriSA is emosioneel en sy pleidooi dat Namibiese grense vir die invoer van verskeie groente weer toegelaat word is ondeurdag. Die verbod op invoere, tot die einde van die maand, sluit tamaties, wortels, beet, aartappels, kool en waatlemoen in. Die Namibiese Akkerbouraad kondig gereeld grensluitings aan wanneer daar voldoende produksie in die land is om sodoende plaaslike produsente te beskerm. Schlettwein sê ‘n plaaslike mark is van kritiese belang om die akkerbou en tuinbou bedrywe uit te brei.